SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

DIE WIT TIER REEKS

As daar nou ooit ’n Swart Luiperd liefhebber was wat iets in die lyn van fotoverhale gesoek het en wat hom tevrede moes stel, was dit sekerlik die Wit Tier. Die Wit Tier het gelewe in ’n land met die naam Takaranië (Tanzanië?). Dit was klaarblyklik iewers op die vasteland van Afrika, maar was binne bereik van Suid-Afrikaners. Die Wit Tier was ’n oortuigend, sterk geboude jongman, wat soos ’n Tarzan van ouds in die oerwoud geleef het. Weereens weet ons nie wie die skrywer was of wie die titel rol vertolk het nie . Die verhale was vol avontuur en het lekker leesstof uitgemaak. Naas “Ruiter in Swart” en “Mark Condor”, was dit seker een van my persoonlike gunstelinge. Hy het talle oorspronklike avonture in oerwoud beleef. Daar was die geval van ’n vroulike breindokter wat sy verstand oorneem het asook vele gevegte met diere en krokodille. Daar was selfs ’n oervallei met ’n verlore stam en prehistoriese diere. Sy wapens was sy hande en sy mes, maar hy het ook van ’n geweer of pistool gebruik gemaak wanneer dit nodig was. Daar was ivoorsmokkelaars en wild stropers, selfs ook ruimtewesens wat die land besoek het. So was daar ook Arabiese slawe handelaars wat hom in die sand begrawe het, sodat die miere hom kon opvreet. Hy was ook deur ’n verlore vroue stam gevange geneem. Natuurlik was daar ook altyd ’n mooi meisie in die omtrek om hom in sy tyd van nood te red. Op ’n manier herinner die verhale my baie aan die avonture van die Skim, wat deur Lee Falk geskep was. Beide beleef hulle avonture in ’n denkbeeldige land wat tussen die oertyd en die beskawing is. In die Skim was die denkbeeldige land natuurlik Bengalië. Dit was dan natuurlik vir die skrywer moontlik om sy verbeelding meer vrye teuels te kon gee, (deur Koos Papenfus).

⭐ 26 Voorblaaie Gelys 📖 Fotoverhale
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

26 Items
#50 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Slaaf in sy eie land
#64 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Laaste offer
#66 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Maak dood die prinses
#67 Die Wit Tier

Die Wit Tier

So lank duld ek jou
#68 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Besoek uit die vreemde
#69 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Na twintig lange jare
#70 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Die gierige sjeik
#72 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Stokers van onheil
#73 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Kind op die vlug
#77 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Nou net... vergelding
#78 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Vir die fees van Venus
#79 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Vrou uit die suide
#81 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Vuur vir woede
#82 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Slaaf van die stergod
#84 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Lis van die woestyn jakkals
#85 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Graf vir die goudrowers
#86 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Kom broer, ons veg
#96 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Toe kom die weerwraak
#99 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Die vloek van Karawappa
#100 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Afrekening
#102 Die Wit Tier

Die Wit Tier

'n Koning, 'n vriend...
#105 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Geen genade vir jou
#106 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Vrou in die wildernis
#107 Die Wit Tier

Die Wit Tier

'n Dag vir wraak
#122 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Nag van die skedel
#124 Die Wit Tier

Die Wit Tier

Bruid op die vlug